Coaching

Coaching

Die lewe gooi heel gereeld uitdagings en vrae na ons kant toe. Die antwoorde op ons lewensvrae lê binne in ons.  Om toegang daartoe te kry, verg ‘n gestruktureerde gesprek, vrae wat ons uit daag en ‘n geleentheid om dit hardop te sê. 

Soms is ons gelukkig met vriende en familie om hiermee te help. Heel dikwels is hierdie vrae van so ʼn persoonlike en sensitiewe aard, dat ons iemand gekwalifiseerd en onafhanklik benodig vir so ʼn gesprek.

Meer oor Emsia en my rol as Coach

My naam is Emsia en ek getroud met Charl.  Ons het 3 seuns.  Jacques en Christo is jong volwassenes en Zander is ʼn amper tiener.

Ek het vir 25 jaar in korporatiewe wêreld gewerk en daarna my eie konsultasie en coaching besigheid begin.  Ons het gedurende 2019 vir ʼn paar jaar Switserland toe getrek in reaksie op loopbaan geleentheid wat Charl se kant toe gekom het.

Ek het jare gelede as life coach gekwalifiseer, omdat ek dit as ʼn roeping sien. Die vaardighede en tegnieke was waardevol in my rolle as konsultant en as ma, maar het my veral baie gehelp toe ek my eie lewens-uitdagings moes hanteer.

My professionele agtergrond

Ek het vir 25 jaar verskillende rolle in konsultasie, besigheidsontwikkeling en menslike hulpbronne by PwC vervul. Sedert 2017, werk ek as ʼn onafhanklike coach. Ek is ‘n geoktrooieerde rekenmeester, geregistreer by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) en het ‘n diploma in coaching en is geregistreer by Coaching and Mentoring South Africa (COMENSA).

Oorweeg jy coaching?

ʼn Coaching gesprek is persoonlik. Ek wil jou dus die geleentheid bied om my sonder verpligting te ontmoet en jou behoefte te verduidelik voordat jy besluit of jy wil voortgaan. Ek sal my benadering en werkswyse verduidelik en vir jou ‘n voorbeeld van my coaching ooreenkoms stuur. Vul asseblief die Kontak My vorm op hierdie webwerf in indien jy belangstel in so ‘n gesprek.

Tipiese coaching gespreksonderwerpe

Elke persoon se coaching behoefte is uniek en persoonlik. Ek gee as voorbeeld hieronder ‘n lys van tipiese onderwerpe waaroor mense my nader: