Tuisblad

Tuisblad

Meer oor my briewe

In my briewe huis toe deel ek met ʼn lag en ʼn traan ontdekkings, insigte en groei-ervaringe in die proses van Suid-Afrikaanse wortels lig en nuwe blaartjies in Switserland as expats vorm.

Die verandering dwing ons om uit ons gemaksones te klim.  Dit het ʼn groot impak op ons identiteit, uitkyk op die lewe en wêreldperspektief. Ons ontdek nuwe plekke en dinge.  Ons maak leefstyl aanpassings.  Ons oorkom uitdagings en Covid-19 bring ook sy kant. Ons leer om ʼn dikker vel te ontwikkel en vir onsself te lag.

Iets in ander mense se stories lui soms vir my ʼn klokkie en help my om weer uit ʼn ander hoek, na my eie unieke storie wat besig is om geskryf te word, te kyk. Daarom het ek besluit om my briewe, wat ek op ‘n twee-weeklikse basis aan my familie en naby vriende stuur, te deel.

Meer oor my

My naam is Emsia en ek getroud met Charl.  Ons het 3 seuns.  Jacques en Christo is jong volwassenes en moes in Suid Afrika agterbly. Zander is ʼn amper tiener en moet as Afrikaanse seun in ʼn internasionale skool aanpas.

Ek het 25 jaar in die korporatiewe wêreld gewerk, daarna my eie konsultasie en coaching onderneming begin en toe Switserland toe getrek. In Switserland kon ek gelukkig voortgaan met my aanlyn coaching dienste. Behalwe om Duits te leer praat, het ek ook op ander belangstellings, soos fotografie en skryf, begin fokus.