Die lewe se doel en betekenis vrae

Die lewe se doel en betekenis vrae

Waarom is ons hier? Wat bied ons aan? Hoe kan ons ons aanbieding op ‘n unieke manier beskikbaar maak? Simon Sinek verduidelik in ‘n gewilde TED Talk hoe die suksesvolste organisasies dink, optree en kommunikeer as hulle met die Waarom vraag begin. Daar is ooreenkomste tussen die vrae wat organisasies hulle self en ons as individue ons self afvra.

Pesoonlike doel en betekenis

Elkeen van ons kom as ‘n unieke individu op aarde om ʼn spesifieke bydrae tot ʼn beter samelewing te lewer.  Gedurende ons eerste 18 jaar help ons ouers en die gemeenskap ons voorberei vir die doel. Gedurende hierdie tyd ontdek ons ook van ons passies en talente. Dit is gewoonlik gedurende hierdie laat tienerjare wat ons onsself die Waarom, Wat en Hoe vrae begin vrae.  Om ‘n doel te hê, is ‘n belangrike aspek van ‘n vervullende en betekenisvolle lewe.

Sommige mense beantwoord hierdie groot vrae deur betekenisvolle en bevredigende werk. Vir ander lê hul doel in hul verantwoordelikhede teenoor hul familie of vriende. Sommige mense slaag daarin om hul doel in alle aspekte van hul lewens uit te leef. Daar is baie maniere waarop ons ons doel en bydrae kan uitleef.

Verandering is die enigste konstante in die lewe

Die enigste sekerheid van die lewe is dat dit voortdurend verander. Omstandighede rondom ons verander, maar lewenservarings en -fases veroorsaak dat innerlike verandering ook plaasvind. Verandering in omstandighede kan lei tot ‘n verandering in die manier waarop ons ons doel uitleef. Soms bring gevoelens van verveeldheid, ongemotiveerdheid of nutteloosheid die “Waarom?”, “Wat?” en “Hoe?” vrae op.

Die manier waarop ons ons doel uitleef en bydra, kan gedurende verskillende fases van ons lewens baie verskil. Daar is egter altyd behoeftes rondom ons wat ons kan aanspreek deur middel van ons kennis, vaardighede en ervaring. Gewoonlik vereis dit dat ons uit ons gemaksone kom.

My ervaring met doel en bydrae

Mense en persoonlike groei is onderwerpe wat my na aan die hart lê. Ek het dus jare gelede ‘n Diploma in Coaching voltooi. Tydens die opleiding moes ons ons “purpose” verwoord. Ek het gedink aan die rol wat ek deur die jare in verskillende omstandighede gespeel het en het ook my waardes oorweeg. Dit was waardevol om ook die persepsies en opinies van mense na aan my te kry. Ek het my “purpose” soos volg verwoord:

Na al die verandering en aanpassing in Switserland het ek weer die punt bereik waar myself moes konfronteer met die Waarom, Wat en Hoe vrae? Ek het besluit om weer meer te fokus op my rol as life coach. Ek wil graag die vaardighede en tegnieke wat ek geleer het saam met my lewenservaring gebruik om ander te help antwoorde vind op hulle vrae.

Kontak my asseblief as jy op die punt is waar jy dink oor jou groot lewensvrae en baat kan vind by ʼn coaching proses om jou op ʼn gestruktureerde wyse te help om die antwoorde op hierdie vrae te vind.

Groete

Emsia

2 thoughts on “Die lewe se doel en betekenis vrae

  1. Emsia. Dit is diep sake wat jy nou hier aanraak – en dit word al “dieper” anderkant 70! Ek stoei reeds lank daarmee, maar meer op ‘n geestelike vlak. Op die gewone sekulêre vlak is daar genoeg keuses, alhoewel die behoefte uit die samelewing nogal skrikwekkend is.
    Dis die geestelike kant wat my na aan die hart lê. Veral rondom die doel vd mens soos in Genesis beskryf – “… as God se verteenwoordiger…” en asof dit nie swaar genoeg weeg nie, weeg die algemene gevolge vd siekte demensie, al meer dringend. Reguit gestel – Hoe kan ek nog as God se verteenwoordiger funksioneer, as my hele “demensie” lewe met my gebeur sonder dat ek daarvan bewus is. Dan is ek net ‘n las op my wederhelfte en ‘n bron van uitmergelende hartseer van geliefdes wat alles opoffer vir my, sonder dat ek enigsins bewus is van die leed wat ek in hul lewens veroorsaak. Ek aanvaar daar is grade van die afbrekende siekte, en ek wil by die ergste graad begin en terugwerk. Het ek as kind van God dan nie die reg (miskien selfs die verpligting), om my geliefdes die hartseer van so ‘n uitmergelende “einde”, te “spaar” nie. Ek praat van ‘n staat v lewe waar ek geen emosie toon van enigiets wat rondom my plaasvind nie – so dit raak my eintlik glad nie! Ek is nie meer beeld draer van Jesus nie. Is dit dan nie juis selfsugtig om so ‘n marteling & hartseer vir ander te wees nie?
    Ek wil so graag betrokke raak in hierdie gesprek – op diep godsdienstige beginsels.
    Die organisasies wat dit begin bespreek, praat van kontraktering met jou naastes, oor wat EK wil hê moet met my gebeur in so ‘n situasie – dus in onderhandeling.
    Geen verpligting op jou nie – dalk is jy nog nie oud genoeg om daaroor te tob nie, terwyl ek al meer sulke tragiese situasies rondom my waarneem – die pyn op die agterblywendes is onbeskryflik.
    Groete
    Frikkie

    1. Oom Frikkie, dit is omtrent ‘n moeilike onderwerp wat Oom hier aanraak. My beste skoolvriendin se se ma het alzheimers gekry en haar pa op dieselfde tyd dimensie. Tydens haar pa se begrafnis het haar ma nie geweet wat aangaan nie. My ander vriendin se pa het tans dimensie. Hy was ‘n hooggeplaaste persoon by die myn tydens ons kinderdae. So ek kyk daarna deur hulle ervaringe en ek kan sien die pyn by hulle is onbeskryflik. Ek kan glo dat daar waar julle woon julle heelwat sulke tragiese situasies waarneem.

Comments are closed.

Comments are closed.