Die lewe bestaan uit kleurvolle oomblikke

Die lewe bestaan uit kleurvolle oomblikke

Die lewe bestaan uit oomblikke.  Oomblikke is soos foto’s wat in die geheue-album gebêre word om weer stadig deur te blaai vir onthou.

Verlede jaar was ʼn mylpaalverjaarsdag vir CharlMylpaal verjaarsdae dwing ons om terug te kyk op die onthou oomblikke van die lewe. Charl se liefde vir legkaarte en myne vir foto’s was die boublokke vir sy geskenk idee.  By die bekende verskaffer van legkaarte, Ravensburger in Duitsland, kan ʼn mens jou legkaart ontwerp met jou eie foto’s.  Ek het die ontwerp van die legkaart en Charl die bou daarvan ewe veel geniet.

Ons lewe is soos een groot legkaart

Ons lewe is soos ‘n groot legkaart wat bestaan uit oomblikke wat die prent vorm en inkleur. Daar is tye waartydens ons net kan fokus op die stukkies uitgepak op die tafel wat soos ‘n deurmekaarspul lyk.

In tye wat oorweldigend voel, help dit om ʼn kreatiewe en terapeutiese projek aan te pak, want dit gee ons onderbewussyn kans om sin te maak uit die warboel van gedagtes. Ons kry kans om holisties na ons lewe te kyk en al die stukkies as uitdagings of geleenthede eerder as onmoontlikhede te sien. Dit help om te verstaan hoe hierdie legkaartstukke in mekaar pas om ‘n groter prent te skep.

Ons prente bestaan uit gekleurde maar ook swart en grys stukkies. Die swart en grys stukke help ons om meer waardering te hê vir die gekleurde stukke. Dit is die kontraste wat die prent uniek maak.

Ons moet onthou oomblikke skep

Dit is belangrik om geleenthede vir onthou-oomblikke te skep. Ek het al vir jare die gebruik om Desembermaande deur my jaar se foto’s te gaan en hulle te sorteer. Dit is deel van my manier om oor die jaar te reflekteer, maar dit dien ook as waardevolle aanmoediging om oop te wees vir nuwe idees en geleenthede.

Hier is Switserland is my lewe minder gejaagd en fokus ek doelbewus daarop om die gewone oomblikke net te geniet. Ek moet teenwoordig wees om waar te neem.  My saamwees oomblikke met Zander, as ons laatlam, is besig om vinnig minder te word. Hierdie gewaarwording dwing my om teenwoordig te wees terwyl ons gesels oor ons oggend koffie in die bed.

Ek het nou begin om aktiwiteite in die omgewing asook veranderinge in die natuur meer bewustelik waar te neem as ek winkel toe stap. Ek maak oogkontak en glimlag as ek die mense wat verby my stap groet en ervaar dit as ʼn gedeelde oomblik wat deel van mekaar se dag vorm.

Ons moet mekaar onthou oomblikke gun

Soos my seuns groter word en hulle eie lewens begin leef, verstaan ek ook al hoe meer die belangrikheid daarvan om vir mekaar onthou-oomblikke te gun. In elke gesin het elke individu sy eie passies en gunsteling plekke en mense.

Kahlil Gibran druk dit so mooi uit in die volgende stuk wat hy geskryf het met ʼn huweliksverhouding in gedagte. Dit is egter net so waar met ander nabyverhoudings:

Gedeelde oomblikke al is ons vêr van mekaar

Covid tye dwing ons om kreatief te wees in ons pogings om gedeelde oomblikke ten spyte van afstand te êrvaar. Ons het as familie en vriende reg oor die wêreld elkeen ʼn kreatiewe projek aangepak. Die kreatiewe projekte het gewissel tussen paint-by-numbers, diamond-dot-painting, akrielverf op canvas en lego en ander bouprojekte.

Ons het ons vordering met mekaar gedeel deur middel van foto’s en so samesyn ervaar.

Groete

Emsia

2 thoughts on “Die lewe bestaan uit kleurvolle oomblikke

  1. Emsia. Dis pragtig hoe jy die legkaart en jou lewe bymekaar uitbring. Dalk moet jy met jou opleiding vaardighede, vir ons ‘n “patroon” uitwerk, waar ons ons jaar (5 of 10 of hele lewe) se lewens-stukke uitpak en ‘n prent ontrafel ontwikkel. Dit sal ons dalk in staat stel om nie net vrede te maak met wat ons ervaar het nie, maar ook uitsien na die prent waarmee ons nou en in die volgende jaar (of 5) besig is om te “bou”. Bv – rangskik die slegte en goeie, gebeure en mense bymekaar en stel ‘n lewens-prent saam. Hoe lyk dit?

    1. Ek hou van Oom se plan. Dit sal ons baie help met vrede en perspektief!

Comments are closed.

Comments are closed.